AANSOEKVORM:
VOORNEMENDE STUDENTE
Aansoeke vir 2026 is oop tussen 1 Augustus en 15 Oktober 2025.
Suksesvolle aansoekers sal teen 10 Desember in kennis gestel word.
01
Lees die instruksies noukeurig deur:
- Voltooi die aanlyn aansoekvorm en heg stawende dokumente aan.
- Vul elke vereiste blok in.
- Die laaste bladsy (verklaring) moet uitgedruk en deur die beursaansoeker en ouer/voog onderteken en ook ingedien word.
- Volg die riglyne en maak seker dat die pdf dokumente nie groter as 2MB is nie.
- Ten einde u aansoek suksesvol in te dien, moet u uself vergewis van die BBT se POPIA en PAIA beleide. U toestemming word onderaan die aansoekvorm vereis. Daarsonder kan u aansoek nie geprosesseer word nie.
- Jy sal ‘n boodskap ontvang indien jou aansoek volledig ingedien is.
- Daar sal geen telefoniese korrespondensie oor aansoeke plaasvind nie.
- Indien jy teen 10 Desember van die huidige jaar nog nie van die BBT verneem het nie, was jou aansoek onsuksesvol.
02
Skoliere en voornemende studente benodig:
- Graad 11 November puntestaat of graad 12 finale simbolestaat;
- Kopie van jou ID dokument;
- Bewys van voorwaardelike toelating tot US;
- Jou ouers/voog(de) se SARS ITA34 belastingopgawes (nie ouer as 12 maande nie)
- Indien ‘n enkelouer, heg bewys van doodsertifikaat, egskeidingsbevel of beëdigde verklaring aan.
- Volledig getekende laaste bladsy van die POPIA verklaring.
04
Terugvoer:
Indien aansoeke onvolledig is of buite die riglyne val, sal dit nie oorweeg word nie.
Suksesvolle kandidate sal teen 10 Desember in kennis gestel word. Maak derhalwe seker dat jou kontakbesonderhede korrek en volledig is.
VOORNEMENDE STUDENT
Aansoeke vir die 2026 beurse is oop. Suksesvolle kandidate sal voor 10 Desember in kennis gestel word. Indien jy niks van die BBT hoor nie, was jou aansoek ongelukkig onsuksesvol. Maak seker dat u reeds al die nodige dokumentasie uitgedruk, geteken en geskandeer het voor u hierdie aansoekvorm invul.
