Select Page

BLOEMHOF BEURSFONDS

TRUST

Aansoeke sluit 20 Oktober 2023

AANSOEKEKONTAK ONS

01

Agtergrond

Die trust is op 16 Junie 1876 deur die destydse predikant van die N.G. Kerk op Stellenbosch en nog twee weldoeners gestig en was bekend as die Bloemhof Boarding Establishment.

Hulle het in die destydse samelewing ‘n behoefte raakgesien vir ‘n geleentheid vir “jonge dochters van Christelike geloofsoortuiging” om hulle drome en ideale te verwesentlik, waardeur hulle in staat gestel sou word om ‘n positiewe bydrae in die samelewing te maak.

Deur die jare het die maniere waarop die Trust hierdie ideale nagestreef het verander omdat behoeftes verander het. Tans word ‘n beperkte aantal mans ook daardeur bevoordeel.  Die oorheersende strewe bly egter dat jong mense van Christelike geloofsoortuiging die geleentheid gegee word om hulle drome en ideale te verwesentlik, sodat hulle in staat sal wees, en inderdaad geïnspireer sal wees, om ‘n positiewe bydrae in die breër Suid-Afrikaanse samelewing te maak.

Die trust se naam is verander na die Bloemhof Beursfonds Trust en is op 13 Mei 2002 deur die Meester van die Hooggeregshof geregistreer met verwysingsnommer IT 734/2001. Die trust is ook as ‘n openbare weldaadsorganisasie deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens geregistreer kragtens artikel 30 van die Inkomstebelastingwet 58 van 1962.

Die Bloemhof Beursfonds Trust het op 1 Maart 2006 drie erwe met die dameskoshuis Huis Neethling daarop aan die Universiteit Stellenbosch verkoop. Die inkomste uit hierdie verkope word sedertdien gebruik om studiebeurse aan begunstigdes toe te ken.

02

Doelstellings

Die doelstellings van die Trust is om aan die begunstigdes studiebeurse en toekennings vir studie, navorsing en onderrig toe te ken.

03

Trustees

Mnr J Aspeling (voorsitter)

Dr. K Smit

Mnr H van der Merwe

Mnr B Truter

Me W van Heerden

Me C Loubser

Mnr A Hanekom

Mnr L van der Walt